Sunday, December 15, 2013

[batavia-news] 'Ek het 'n broer verloor'

 

 

'Ek het 'n broer verloor'

Kathrada se roerende huldeblyk




johan eybers
Sondag 15 Desember 2013

Madiba rus.

Hy is 'n rukkie na 12h00 langs sy seun en ander familielede in Qunu begrawe ná 'n diens wat net na 8h00 begin het.

Een van die verrassings was dat emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu wel by die begrafnis opgedaag het nadat daar Saterdag gesê is dat hy nie die verrigtinge sou bywoon nie, omdat hy nie genooi is nie/

En een van die roerendste huldeblyke was die van mede-struggle-veteraan Ahmed Kathrada:

Hy het 'n broer verloor, het  Kathrada, wat saam jare gelede saam met oudpres. Nelson Mandela in die Rivonia-verhoor aan hoogverraad skuldig bevind is, gesê.

"Ek het 'n pa verloor toe Walter (Sisulu) gesterf het en nou het ek 'n broer verloor," het Kathrada by Mandela se begrafnis in Qunu in die Oos-Kaap gesê.

Hy was 'n jarelange vriend van Mandela.

"Ek het  Mandela 67 jaar gelede ontmoet en ek onthou die lang, gesonde sterk man, die bokser en die gevangene wat 'n pik en graaf maklik hanteer het en vol energie elke oggend geoefen het."

'n Emosionele Kathrada het vertel hy onthou nou die laaste keer wat hy vir Mandela gesien het.

"Ek het 'n hulpelose man in die hospitaal gesien wat net 'n skaduwee was van wat hy was.

"Die onvermydelike het gebeur en hy het nou by die A-span van die ANC aangesluit - die ANC waarin hy sy politieke loopbaan geslyp het, die ANC waarvoor hy sy eie lewe opgeoffer het en hy bereid was om voor te sterf."

"Danksy Mandela se werk is miljoene mense se lewens verbeter en sal dit in die toekoms ook verbeter word.

"Ons het 'n grondwet wat alles insluit wat goed is in ons en wat die vryheid beskerm waarvoor ons so hard baklei het.

Kathrada het Mandela geloof vir sy nederigheid, moed, verdraagsaamheid, geduld en die krag en gawes om eenheid, versoening en nasiebou te bewerkstellig.

Hy het gesê die massas mense se belangstelling in Mandela die afgelope paar dae het gewys dat mense hulle op 'n persoonlike vlak met Mandela verbind.

Mandela het daarin geslaag om Suid-Afrikaners in die lewe en in die daar te verenig, het hy gesê.

__._,_.___
Reply via web post Reply to sender Reply to group Start a New Topic Messages in this topic (1)
Recent Activity:
http://groups.yahoo.com/group/batavia-news
to Subscribe via email :
batavia-news-subscribe@yahoogroups.com
----------------------------------------
VISIT Batavia News Blog
http://batavia-news-networks.blogspot.com/
----------------------------
You could be Earning Instant Cash Deposits
in the Next 30 Minutes
No harm to try - Please Click
http://tinyurl.com/bimagroup 
--------------
.

__,_._,___

No comments:

Post a Comment