Monday, December 9, 2013

[batavia-news] Kaapse strate gesluit vir byeenkoms op Parade

 

 

gedenkdiens vir mandiba uitgesaai

Kaapse strate gesluit vir byeenkoms op Parade




Maandag 09 Desember 2013
 

KAAPSTAD. - Mense word deur die Kaapse stadsraad genooi om gedurende die routydperk na die afsterwe van oudpres. Nelson Mandela hul boodskappe van medelye by die gedenkboeke te skryf wat by die Burgersentrum en die Parade beskikbaar is.

Diegene wat graag ook blomme wil neerlê of net die Parade besoek, moet onthou verskeie paaie in die omgewing is vir die routydperk tot Sondag afgesper. Die beste raad is om elders in die middestad te parkeer en na die Parade te stap.

Die program in die Wes-Kaap vir die res van die week:

Dinsdag, 11:00:

'n Regstreekse uitsending van die amptelike gedenkdiens in die FNB-stadion in Johannesburg word van die Parade uitgesaai.

Woensdag, 16:00:

Die stad Kaapstad se amptelike gedenkdiens vind in die Kaapstad-stadion plaas. Hekke open om 14:00. Toegang kan verkry word deur middel van 'n koeponstelsel. Dié koepons kan by Computicket of by Shoprite/Checkers in Kaapstad afgehaal word.

Donderdag, 19:00:

Byeenkoms op die Wesfleur-sportterrein in Atlantis.

Saterdag, 17:00:

Nagwaak op die Parade.

Sondag:

Die amptelike begrafnis in Qunu sal op die Parade op grootskerms vertoon word.

Om te sien watter strate om die Parade afgesper gaan word vir verkeer, kliek ​hier:

__._,_.___
Reply via web post Reply to sender Reply to group Start a New Topic Messages in this topic (1)
Recent Activity:
http://groups.yahoo.com/group/batavia-news
to Subscribe via email :
batavia-news-subscribe@yahoogroups.com
----------------------------------------
VISIT Batavia News Blog
http://batavia-news-networks.blogspot.com/
----------------------------
You could be Earning Instant Cash Deposits
in the Next 30 Minutes
No harm to try - Please Click
http://tinyurl.com/bimagroup 
--------------
.

__,_._,___

No comments:

Post a Comment